Click Christiana | Geskiedenis: Rampe

GESKIEDENIS: Artikels & Dokumente

Rampe

  1. Op 11 Oktober 1899 het oorlog uitgebreek tussen Engeland en die Z.A. Republiek. en ook die burgers van Christiana was daarby betrokke. So het Christiana 'n kommando van 15 man op Magersfontein gehad.

    Daar was verwoede gevegte naby Christiana. In die ou begrafplaas was verskeie Engelse soldate begrawe, en daar is ook 'n grafsteen wat aandui dat Scheepers, Dunnecker, Buitendach, Van der Merwe en Lóchenberg gesneuwel het.

    Op 16 Mei 1900 het Christiana in die hande van die vyand, onder Luitenant-Generaal Sir A. Hunter, geval.

  2. Gedurende 1918 is Christiana geteister deur 'n griepepidemie. Meer as 60 blankes het die lewe gelaat, insluitende die destydse hoof van Polisie, Sersant Green.

    Van die gesin Fick is ses persone oorlede.

  3. Alhoewel die Vaalrivier Christiana se grootste bate is, het hy hom oor die jare wispelturig gedra. Verskeie swemmers se lewens is geëis en toe twee jong seuns in 1961 kort na mekaar verdrink het, was die gemeenskap baie besorg oor die rivier se verradelikheid. Die S.A.V.F. het die Raad genader met 'n versoek om waarskuwingsborde aan te bring by swemplekke.

    Noudat die Oppermansdrifdam, met sy beoogde 500,000 morgvoet inhoud, voltooiing nader, is die gevaar van oorstromings van die Vaal by Christiana feitlik geheel-en-al uitgeskakel. Daar was egter in die verlede groot oorstromings wat baie skade aangerig het. Die ernstigste een was gedurende 1944. Meer as 80 huise het geval as gevolg van hierdie vloed en nog meer moes tydelik ontruim word. Die Stadsaal moes vir noodhuisvesting gebruik word en Van Riebeecksplein was 'n tentedorp. Die natuur was so versteur dat voëls wat glad nie hier gevind word nie hulle verskyning hier gemaak het. Prokureur Jan Nico Uys het bv. 'n bergarend voor sy destydse woning in Pretoriusstraat geskiet. Skrywer kon onthou hoe Mnr. Chris Kruger, Onderwyser, en die bekende Koos Meyer met kanos in Pretoriusstraat gery het!

Quick links:

Articles:
Please note - articles have not been translated.
Documents:
Please note - documents have not been translated.
Photos from the past:
Support local businesses and events:

Latest additions:

Articles:


Calendar Photo Competition 2020 - Results Calendar Photo Competition - click the beautiful around you and enter. Entries close: 30 September 2019 at midnight. The results of our first photo competition are here!


Modern Christiana Photo Gallery Modern Christiana Photo Gallery


Christiana Noordwes Provinsie / North West Province:
Christiana Noordwes Provinsie / North West Province

Support Local Businesses and Events - Business Directory & Calendar





CHRISTIANA WEATHER