Click Christiana | Geskiedenis: Christiana Soos Hy Vandag Is

GESKIEDENIS: Artikels & Dokumente

Christiana Soos Hy Vandag Is

Die ou Queens Hotel
Die ou Queens Hotel

Christiana beskik oor die nodige infrastruktuur om vinnig uit te brei. Die dorp is geleë aan die hoofpad vanaf Johannesburg na Kaapstad en ook aan die hoofspoorlyn tussen die twee stede.

Daar is 82 sake- en professionele ondernemings wat 39 verskillende fasette van die mens se behoeftes bevredig.

Die Christiana Hospitaal is op 12 September 1958 in gebruik geneem. Die oprigtingskoste daaraan verbonde was R70,000. Maandeliks word vyf sessies toegestaan vir gratis behandeling van pasiënte.

Langsaan die hospitaal word 'n Oue Tehuis opgerig teen 'n beraamde koste van R137,000. Daar word beplan om 35 bejaardes daar te huisves. Die projek is aangepak deur die plaaslike tak van die S.A.V.F., bygestaan deur die Stadsraad wat die lening borg.

Alle paaie na buurdorpe is geteer en op 20 Augustus 1930 is 'n 1,000 voet brug wat Christiana met die Vrystaat verbind geopen deur Mnr. Walter B. Madeley, die destydse Minister van Openbare werke. Voor dit kon die Vrystaat slegs bereik word deur die pont by Zoutpansdrift. Die Vaalrivier se water dra daartoe by dat Christiana oor die algemeen 'n pragtige en gerieflike dorp is om in te woon. Sedert die vroegste jare is Christiana een van die min dorpe in die land wat leiwater voorsien, en pas is 'n huishoudelike waterskema teen 'n koste van R300,000 daargestel.

Gedeelte van nuwe munisipale kantore
Gedeelte van nuwe munisipale kantore
Nuwe Polisiestasie
Nuwe Polisiestasie
Die nuwe Vaal Hotel
Die nuwe Vaal Hotel

Die Staatsdiens is goed verteenwoordig in Christiana deur die Landdroskantoor, Poskantoor, S.A. Spoorweë, S.A. Polisie, Gevangenis en Landbou Tegniese dienste.

Die eerste landdroskantoor en poskantoor was geleë te Forsmanstraat 68. Later is hulle op die hoek van Voortrekker en Pretoriusstrate gehuisves, regoor die teenswoordige Biblioteek. In 1928 het hulle verskuiwe na hulle teenswoordige geboue.

23 Oktober 1964. Eerste Elektriese Lokomotief.
23 Oktober 1964. Eerste Elektriese Lokomotief.

Op 6 April 1906 is die spoorweg tussen Eastleigh en Veertienstrome amptelik vir verkeer oopgestel. Eastleigh was toe reeds met Johannesburg verbind en Veertienstrome met Kimberley, sodat Christiana nou verbind was met die hooflyn van Pretoria na Kaapstad. Op 23 Oktober 1964 is die eerste elektriese lokomotief deur die stasie. Tans word die spoorlyn verdubbel en na verneem word, sal daar binnekort 'n nuwe stasiegebou opgerig word. Die S.A. Spoorweë het ook 'n hoogs gewaarde bydrae tot Christiana se vooruitgang gelewer deur die netjiese woning-kompleks wat opgerig is noord van Christianastraat.

Ou Polisiekantoor
Ou Polisiekantoor

Op 24 Mei 1969 is nuwe kantore en vier woonhuise vir die S.A. Polisie amptelik geopen deur Sy Edele, die Eerste Minister Mnr. B. J. Vorster.

Christiana kyk na die toekoms, maar die helde van die verlede is nie vergete nie. Die eerste landdros (Best), die landmeter wat die dorp opgemeet het (Forsman) en die eerste mediese gesondheidsbeampte (Alexander) is almal vereer deur strate na hulle te vernoem.

Gedurende die eeufeesviering van die Ossewatrek (1838-1938) is 'n monument onthul op die Stadsaalplein ter nagedagtenis van die kakebeenwa, Magrieta Prinsloo.

Op die plaas Môrester, aan die Vrystaatse kant van die Vaalrivier is 'n monument opgerig as 'n herinnering aan die eerste slagoffers van die trekkers se stryd teen vyandige bantoes. Die van Aswegen en Lombard gesinne is hier rond vermoor deur Scheel Kobus en Gasibone.

Quick links:

Articles:
Please note - articles have not been translated.
Documents:
Please note - documents have not been translated.
Photos from the past:
Support local businesses and events:

Latest additions:

Articles:


Calendar Photo Competition 2020 - Results Calendar Photo Competition - click the beautiful around you and enter. Entries close: 30 September 2019 at midnight. The results of our first photo competition are here!


Modern Christiana Photo Gallery Modern Christiana Photo Gallery


Christiana Noordwes Provinsie / North West Province:
Christiana Noordwes Provinsie / North West Province

Support Local Businesses and Events - Business Directory & Calendar





CHRISTIANA WEATHER