Keer 23 900v met 1mm
CHRISTIANA: Die nuwe uitvindsel (Pug) wat deur mnr. Gert Uys van Christiana ontwikkel is en wat die een rewolusionere deurbraak na die ander maak, het nou opnuut nog 'n wêreld deurbraak gemaak wat waarskynlik een van die grootste wêreld-deurbrake dusver is en tot groot voordeel vir die land gebruik kan word. Volgens die nuutste positiewe toets wat deur SABS gedoen is, kan 'n millimeter dikte PUG-materiaal 23 900 volts keer - 'n eienskap wat 'n algehele omwenteling in elektriese bedrywe te weeg kan bring.
Dit is nagenoeg 14 500 volts meer as die huidige materiaal wat ekonomies in gebruik is maar slegs net in enkele gebruike aangewend word agv gebrek aan sekere karaktertrekke terwyl PUG oor al die nodige karakter einskappe beskik om dit te giet of te maak vir alle soorte aanwendings.
Gesien in die lig van die geweldige hoë insolasievermoë kan die moontlikhede wat dit bied, nie eens naastenby bepaal word nie.
Die betrokke monster wat deur SABS getoets was, was dan ook nog nie eens die ware Jacob nie. Die monster was haastig in mnr. Uys se motorhuis gemaak. Na verneem word, het SABS vasgestel dat die krag op 'n sterkte van nagenoeg 23 900 volts by 'n lugblasie deurgering het. 'n Ander monster sonder lugblasies, is nou reeds by SABS vir verdere toetse. Na verwagting gaan hierdie toets die isolasievermoë nog heelwat opstoot.
As al die nuwe omwentelinge wat hierdie uitvindsel te weeg kan bring nie reg hanteer word nie, kan dit verreikende gevolge inhou, maar juis om dit te voorkom, het mnr. Uys sekere voorsorg maatreels getref.
"Ek gaan nie my land se ekonomie skade aandoen nie," se hy. "Ek is op uitvoer ingestel. Wat plaaslik verkoop word sal so hanteer word dat geen bestaande fabrikant van huidige materiale daaronder sal ly nie."
Een van die voorsorgmaatreels is ook daarop ingestel dat geen monopolitiese bedrywighede sal plaasvind nie.
Die loodsfabriek se strukture moet einde Januarie aanstaande jaar voltooi wees, volgens mnr. Uys se ooreenkoms met die bouers. Die loodsfabriek alleen, met die nodige masjiene sal ongeveer R3 miljoen kos. Die bouplanne is so opgetrek dat hy te enige tyd kan laat aanbou.
