Click Christiana | Geskiedenis: Geskiedkundige Gegewens Hoër Huishoudskool, Christiana

GESKIEDENIS: Artikels & Dokumente

Geskiedkundige Gegewens Hoër Huishoudskool, Christiana

Geskiedkundige Gegewens Hoër Huishoudskool, Christiana

  1. Handel-Huishoudskool in Beststraat tot 1935. Toe is Mnr. Pienaar, hoof, saam met die Handelskool oorgeplaas na Potchefstroom. Die Huishoudkunde Afdeling het in Beststraat gebly tot 1937, in die ou Kerkgebou.
  2. Huishoudskool geboue is in 1937 gebou: 2 Koshuise, eetkamer, personeelhuis, skoolgebou. Begin met sowat 30 dogters.
  3. 26 Julie 1937 amptelike inwyding van elektriese ligte skema deur dinee-dans.
  4. 1938. Nuwe tennisbaan by skool.
  5. Mev. Armstrong-Smith hoof tot Junie 1939.
  6. 1940-1945 Mej. Lombard hoof. Faktotumhuis gebou.
  7. 1946-1949 Mej. van Heerden hoof.
  8. 1948 Is voltooi kleuterskool, garage, en stoorkamers.
  9. Mev. Dr. Kriel begin as kleuterskool-onderwyseres in November met 15 leerlinge.
  10. 1950-1954 Mej. Le Roux hoof.
  11. 1950 Nuwe klaskamer gebou. 5 Groot ligte op gronde.
  12. 01/06/1951 Verpleeginrigting bygehuur vir 'n tyd, as koshuis. Huisves 14 dogters.
  13. 05/06/1951. Verhoog gordyne gehang.
  14. 17/03/1952. Vuurblussers by al die geboue.
  15. 1955-1956 Mej. Alberts hoof.
  16. 01/07/1955 Tennismuur voltooi.
  17. 18/11/1955 Watersuiweringstoestel in werking gestel deur P. W. D.
  18. Mei 1956-Sep 1956. Mej. Gerber neem waar as hoof.
  19. 1957 Jan. tot Julie Mej. Calitz hoof.
  20. Aug.-Des. 1957 Mej. Wiese neem waar as hoof.
  21. 1957 Spoellatrines.
  22. 1958 Mej. Fourie hoof tot einde van jaar.
  23. 23/04/1958 Pomphuis voltooi en pompenjin installeer.
  24. 01/08/1958 Robynstraat 13 gehuur as koshuis. 20 dogters word gehuisves.
  25. 30 Oktober 1962 2 Nuwe klaskamers aangebou.
  26. 23 Oktober 1963 Elektriese trein arriveer op Christiana.
  27. 1966 Ontspanningskamer en siekeboeg word by koshuise aangebou. Faktotumhuis word uitgebrei en plafonne ingesit by garage en stoorkamers.
  28. Elektriese sirene word by skool aangebring.
    1967. Vanaf 1959 Mej. Retief hoof.
    16 Personeellede.
    104 Leerlinge. (Leerlingtal was 67 in 1957)

    Lede van die Raad van Advies tot 1966:
    Mnr. Zerwick (Voorsitter)
    Mev. Jan Marais (Vise-Voorsitter)
    Mev. v.d. Wall
    Mev. Victor
    Mev. Nel (Grootplaas)
    Mnr. Callender-Easby
    (Mev. Marais vir meer as 30 jaar al lid van die Raad van Advies.)

- Klik hier vir kopie van oorspronklike dokument (2.35 MB)

Het jy 'n foto of storie oor die Hoër Huishoudskool Christiana? Stuur jou storie of foto in vir publikasie op ons webwerf. Kontak ons op info@clickchristiana.co.za.

Quick links:

Articles:
Please note - articles have not been translated.
Documents:
Please note - documents have not been translated.
Photos from the past:
Support local businesses and events:

Latest additions:

Articles:


Calendar Photo Competition 2020 - Results Calendar Photo Competition - click the beautiful around you and enter. Entries close: 30 September 2019 at midnight. The results of our first photo competition are here!


Modern Christiana Photo Gallery Modern Christiana Photo Gallery


Christiana Noordwes Provinsie / North West Province:
Christiana Noordwes Provinsie / North West Province

Support Local Businesses and Events - Business Directory & Calendar





CHRISTIANA WEATHER