Click Christiana | Geskiedenis: Plaaslike Bestuur

GESKIEDENIS: Artikels & Dokumente

Plaaslike Bestuur

xxx

1970 STADSRAAD EN AFDELINGSHOOFDE

Voor (sittende): Rdl. H. M. Hanekom (onderburgermeester en bestuurskomiteelid), Rdl. S. W. P. de Waal (Burgermeester en Voorsitter van Bestuurskomitee), Rdl. J. T. Swan (Voorsitter van die Raad).

Middel: mnr. J. N. Botha (Hoof Openbare Werke), mnr. J. C. Malherbe (Stadstesourier), Rdl. V. Botha, Rdl. S. J. Lombaard, mnr. H. A. S. Jacobs (Hoof elektrisiteits Afdeling).

Agter: Mnr. J. A. Kotze (Klerk van die Raad), mnr. H. J. Mountjoy (Stadsklerk), Rdl. G. L. Pretorius (ook Bestuurskomiteelid), mnr. H. J. Fourie (Gesondheidsinspekteur), mnr. C. H. Fouche (Lokasie Superintendent)

Inlas: Rdl. W. P. Burger, Rdl. H. J. van Niekerk.

In 1895 het daar 'n pokke-epidemie in Transvaal geheers. Hierdie epidemie was die oorsaak dat die Regering, by wyse van wetgewing, voorsiening gemaak het vir die instelling van Gesondheidskomitees in die verskillende dorpe (Wet 12 van 1895). So het dit dan ook gebeur dat ook in Christiana 'n gesondheidskomitee in die lewe geroep is. Die regulasies vir die Komitee is plaaslik ontwerp en met wysiginge later deur die Regering goedgekeur en gepubliseer in die "Staatskoerant de Z.A. van 2/10/1895".

Die komitee het bestaan uit landdros J. de V. Joubert (Voorsitter), veldkornet J. S. van Woudenberg, K. Kooy, en I. H. Seligsohn. Hierdie Komitee het sy werksaamhede in November 1895 begin en was die eerste en enigste vorm van dorpsbestuur wat gedurende die Republiekeinse tydperk van toepassing gebring is in Christiana.

Na die Anglo-Boereoorlog is 'n Health Board op 5/12/1902 in die lewe geroep waarvan die lede N. H. de Witt, J. F. Ludorf, I. H. Seligsohn en J. H. Schultz was.

Die eerste vergadering van die District Urban Board is op Vrydag 22/1/1904 gehou. Lede: W. McEvoy, (Voorsitter), D. Mollett, S. Seligsohn, N. P. Fourie, A. York, J. Joubert, P. Erlank, J. Fick, en J. Visagie. Op hierdie eerste vergadering is besluit om applikasies te vra vir die pos van Sekretaris. Tot dusver het die plaaslike Assistent-magistraat waargeneem as Sekretaris.

Op Donderdag 28 Januarie 1904 is mnr. J. F Jooste aangestel, uit 5 aansoeke, as Sekretaris (dus die eerste Stadsklerk van Christiana).

Op 3 Februarie 1903 by die 4de vergadering van die Raad is die ou Health Board wat onder die jurisduksie van die Magistraat fungeer het, finaal deur die Urban District Board, of soos ons dit nou ken, die eerste Dorpsraad, oorgeneem. By die oorname het die balansstaat soos volg gelyk:

Staat van Bate en Laste op 15 Januarie 1904

LASTE
Sanitasiefooie£ 53.12.0
Balans van Inkomste en Uitgawe£ 224.00.0
£ 277.12.8
BATES
Lewende Hawe£ 75.00.0
Uitrusting£ 112.12.0
Kontant Voorhande£ 36.8.8
Sanitêre Bebiteure£ 53.12.0
£ 277.12.8

Op die derde vergadering is dr. Wm. Alexander aangestel as die eerste Mediese Gesondheidsbeampte.

Op 17 Augustus 1904 is by wyse van spesiale wetgewing voorsiening gemaak vir die omskepping van 'n aantal Urban District Boards, o.m. die van Christiana, na Munisipaliteite. Sedert 1941 is Christiana as 'n Stadsraad geklassifiseer.

Op die vergadering van 19 Oktober 1904 is die eerste besluit geneem om Eiendomsbelasting te hef, nl. 3d in die £ op alle belasbare eiendom.

Belasbare WaardasieR971,9841,357,0761,877,4183,639,595
Elektrisiteitseenhede verkoopR227,329352,917692,6492,020,783
KapitaalbatesR118,530278,975368,442652,911
Dorpsgrond verhuurR 6706325,8727,053
PlesieroordhuurR 8-111408

Die dorp het oor die eerste negentig jaar van sy bestaan geleidelik gegroei en dit is eers wanneer onderstaande syfers uit die Stadsraad se boeke noukeurig bestudeer word dat die dorp se fenomenale ontwikkeling oor die afgelope dekade besef word.

Sedert 1960 is verskeie groot projekte aangepak waarvoor lenings aangegaan moes word, bv.:

  1. Die verbetering van die Elektrisiteitsverspreidingnetwerk (meer as R 150,000);
  2. Die instelling van 'n vullisverwyderingsdiens (R10,000);
  3. Die daarstelling van 'n huishoudelike waterskema (R300,000).

Die Raad is tans besig met 'n intensiewe teerpadbouprogram wat meer as R60,000 sal kos en ook die gehele dorpsgebied word nou herbeplan.

Die Raad het 30 blankes en 60 nie-blankes in diens.

Die hoofamptenare van die Raad is:
Mnre. H. J. Mountjoy (Stadsklerk)
J. C. Malherbe (Stadstesourier)
J. N. Botha (Hoof, Openbare Werke)
J. A. Kotze (Klerk van die Raad)
H. A. S. Jacobs (Hoof, Elektrisiteitsafdeling)
H. J. Fourie (Gesondheidsinspekteur)
C. H. Fouche (Lokasiesuperintendent).

Die huidige Stadsraadslede is:
Mnr. S. W. P. De Waal (Burgemeester), Mnre. De Waal (Voors.), H. J. Hanekom (O. Voors.) en G. L. Pretorius (Bestuurskomitee)

Stadsraadslede: Mnre. S. W. P. de Waal, H. M. Hanekom, G. L. Hanekom, G. L. Pretorius, V. Botha, W. P. Burger, S. Lombaard, J. T. Swan (Voorsitter), H. J. van Niekerk, Een Vakature.

Quick links:

Articles:
Please note - articles have not been translated.
Documents:
Please note - documents have not been translated.
Photos from the past:
Support local businesses and events:

Latest additions:

Articles:


Calendar Photo Competition 2020 - Results Calendar Photo Competition - click the beautiful around you and enter. Entries close: 30 September 2019 at midnight. The results of our first photo competition are here!


Modern Christiana Photo Gallery Modern Christiana Photo Gallery


Christiana Noordwes Provinsie / North West Province:
Christiana Noordwes Provinsie / North West Province

Support Local Businesses and Events - Business Directory & Calendar





CHRISTIANA WEATHER