Click Christiana | Geskiedenis: Die Boeregemeenskap

GESKIEDENIS: Artikels & Dokumente

Die Boeregemeenskap

Duisende beeste trek byna daagliks deur Christiana vanuit die oostelike Vrystaat waar dit benard droog is om veld te soek in Wes Transvaal. Hier gaan deel van 1,500 beeste deur die dorp ongeveer 1940. Duisende beeste trek byna daagliks deur Christiana vanuit die oostelike Vrystaat waar dit benard droog is om veld te soek in Wes Transvaal. Hier gaan deel van 1,500 beeste deur die dorp ongeveer 1940.
Hofgebou Christiana tydens besoek van Lord Selborne, 1913. Hofgebou Christiana tydens besoek van Lord Selborne, 1913.

Dit was nog nooit maklik om in Christiana se omgewing te boer nie, veral omdat die reënval beperk en ongereeld is. Deur aanhoudende droogtes het die boere geleer dat grootskaalse saaiboerdery nie hier aangepak kan word nie, en dat die distrik meer geskik is vir veeboerdery.

Wyle mnr. John Harvey wie jarelank eienaar was van die Queens Hotel en wie bekend was vir sy fyn humorsin het met smaak die volgende staaltjie vertel wat 'n goeie illustrasie is van die gelatenheid waarmee die boere hulle stryd teen die elemente aanvaar.

'n Sekere boer het gereeld hoenders aan die hotel gelewer. Een dag het die gesprek min of meer soos volg verloop.

"Goeiemore, Mnr. Harvey, ek het tien hoenders gebring".

"Goed. Hoe lyk hulle".

"Spekvet, Mnr. Harvey, hulle boer op die mieliehope".

"Man, ek is nou baie besig in die kroeg. Neem hulle asseblief deur na die kombuis. As jy terugkom dan betaal ek jou..."

"Dankie. Hier is jou geld. Hoe gaan dit met die oes?"

Ag, Mnr. Harvey, nie 'n pit nie".

Van die bekendste plase in die distrik is Matlabani's Oude Stad, Witgatboom, Stowlands, Smithskraal en Zoutpansdrift. Eersgenoemde twee is reeds bespreek.

Op Stowlands, sowat 3 myl oos van Christiana in die Vrystaat geleë is daar 'n koppie waar baie rotstekeninge te sien is. Die koppie is tot Nasionale Monument verklaar.

Smithskraal is die plaas waarheen J. N. de Beer, van Kimberley diamantfaam, getrek het nadat hy sy Kimberley eiendomme aan De Beers Maatskappy verkoop het. Die bekende plaas, Presentpan, heet aldus omdat De Beer dit vir 'n broer van hom gekoop het.

Die plaas Zoutpansdrift lê net regs van die brug oor die Vaalrivier en regoor waar die ou drif deur die rivier was. Weens sy strategiese ligging was die plaas voor Uniewording van groot belang as grenspos. Daar was dan ook 'n polisiestasie en 'n redelike groot lokasie op die plaas. Mnr. David Drusinsky het in die 1920's 'n winkel daar gehad.

Dit blyk dat ongediertes vroeër hier floreer het. Op 'n grafsteen in die ou begraafplaas word vermeld dat die oorledene gevang was "door een tier".

In 1968 is 'n Suid-Amerikaanse rotsoort, die nutria, coypu, hier aangetref en het groot bekommernis gegee aan die afdeling, Natuurbewaring, omdat dit 'n knaagdier is wat vinnig teel. Na 'n intensiewe soektog is daar drie nutrias gevind wat van die kant gemaak is.

Die dier is ongeveer 6 duim hoog en weeg om en by 15 pond. In Suid-Amerika word duisende van hulle jaarliks geskiet vir hulle gesogte pelse. Die vermoede bestaan dat iemand naby Christiana die nutrias wou teel vir hulle pelse en dat drie ontsnap het. Sedertdien is daar nie weer van hulle hier gewaar nie.

Ten spyte van die probleme wat die droogtes veroorsaak het, is die omgewing se oeste van so 'n omvang dat die Suid-Westelike Transvaalse Landboukoöperasie soveel vertroue gehad het in die gebied se potensiaal dat hy byna 'n miljoen rand in Christiana belê het, gedurende die afgelope vyf jaar.

Die graansilo wat 'n kapasiteit van 500,000 sakke het, is in 1967 in gebruik geneem. Toe is daar gedink dat dit te groot sou wees, maar dit het alreeds gebeur dat dit so vol was dat 100,000 sakke buite geberg moes word.

In Januarie 1969 is die nuwe Westra Meule in gebruik geneem waar alle grade van mieliemeel verwerk word. Die meule se kapasiteit, wat verpakking betref, is 140 sakke per uur.

Die boeregemeenskap word gedien deur twee boereverenigings, nl. die Soutpansdrift Boerevereniging, vir die Vrystaatse boere en die Christiana Boerevereniging vir die Transvaalse boere.

Die Skouvereniging gaan elke jaar van krag na krag en die gehalte van die diere wat vertoon word en hulle aantal neem elke jaar toe. Inskrywings word ook van meer afgeleë plekke getrek. Christiana se Skou het in sy betreklik kort bestaan die reputasie opgebou van een van die bes georgamseerde skoue in die land.

Dieselfde Skouvereniging reël ook elke jaar 'n Gymkana. In 1970 is die Wes-Transvaalse Kampioenskappe by Christiana se Gymkana gehou.

Quick links:

Articles:
Please note - articles have not been translated.
Documents:
Please note - documents have not been translated.
Photos from the past:
Support local businesses and events:

Latest additions:

Articles:


Calendar Photo Competition 2020 - Results Calendar Photo Competition - click the beautiful around you and enter. Entries close: 30 September 2019 at midnight. The results of our first photo competition are here!


Modern Christiana Photo Gallery Modern Christiana Photo Gallery


Christiana Noordwes Provinsie / North West Province:
Christiana Noordwes Provinsie / North West Province

Support Local Businesses and Events - Business Directory & Calendar





CHRISTIANA WEATHER